Om ʼn verantwoordelike, selfstandige, gelukkige en trotse kind tot volle potensiaal in die etos van ons omgewing te ontwikkel en toe te rus om bydraes te maak in Suid-Afrika en internasionaal.
Ons wil dit bereik deur goed toegeruste, gemotiveerde en kundige onderwysers, met die beste, bekostigbare fasiliteite binne die omgewing (sosiaal-, polities- en besigheids) in vennootskap met betrokke ouers.